Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad: Innovasie

UITGAWE 2 2025
Magazine

Die eerste uitgawe van Innovasie bevat die vindingrykste idees, konsepte en planne – van die impak van kunsmatige intelligensie op plaasbesluite tot maniere om die ergernis van beurtkrag tot jou voordeel te gebruik. Verdeel in 7 afdelings – algemene bestuur, alternatiewe energie, herlewingslandbou en grondgesondheid, saaiboerdery en meganisasie, tuinbou, water en besproeiing, en vee en jag – sal jy maklik vernuwende planne kan vind om jou te help om aan die voorpunt te vooruitgang te bly. Die beste planne word immers op plaasvlak gebore.

OPLOSSINGS, VISIE LAAT LANDBOU FLOREER

Medewerkers

Landbouweekblad: Innovasie

SYFERS

TEGNOLOGIE IN DIE LANDBOU: SA BELÊ R16 MILJARD IN KI EN ROBOTIKA

SONPANELE SE SKADUWEE HELP GRAS IN DROOGTE

‘DRIEKLEUR’-APPELKULTIVAR NOG ’N PAAR TREË NADER AAN RAK

MASJIENE KAN (SOMS) DIE WEER BETER VOORSPEL AS DIE MENS

LABORATORIUMUITSLAE OP DIE PLAAS VINNIG EN SLIM DANKSY KI

GEWYSIGDE HAWER-DNS VIR BETER OPBRENGS

STUDIE SOEK ‘WETENSKAPLIKE FEITE’ OOR HERLEWING

BIODIESEL UIT KOOKOLIE NOU MAKLIKER ÉN GOEDKOPER

‘SKOON’ HOENDERS WAT OP GRAS WEI, RUIK BETER AS ANDER

GAAN ROBOTTE BOSSIES UITTREK?

KWEKERY MAAK DEURBRAAK MET KLONALE LIETSJIES

Oor data, KI, presiese werktuie én stewels op die grond • Suid-Afrika se uiteenlopende en voortdurend veranderende landboustelsels en -toestande, asook markvereistes verg ontwikkelingsvordering en aanpassing. Tegnologie — eenvoudig én ingewikkeld — maak dit moontlik.

Slimsein vir beter platteland • Starlink se satellietinternet kan ’n keerpunt wees vir Suid-Afrikaanse boere wat hul slimtoerusting optimaal wil gebruik — mits dit bekostigbaar is en opleiding reg aangepak word.

Tariefwolke pak saam oor sonkrag • Indien die staat die tariefrabat op ingevoerde sonpanele afskaf, kan dit die koste van sonpanele kommerwekkend laat styg.

Windkrag eis baie voëls, maar bedryf gryp in • Altesaam 146 rooiborsjakkalsvoëls, 29 dwergarende, 41 Kaapse aasvoëls, 33 witkruisarende, 12 kroonarende en 10 witkruisvleivalke. Dít is net ’n paar van die voëlkarkasse wat van 2015 tot 2023 onder windturbines in die Noord-, Oos-en Wes-Kaap opgetel is. Dit dui op ’n kommerwekkende impak van dié omgewingsvriendelike energiebron se swaaiende lemme.

KI: Die boer se nuwe beste vriend • Robotte wat sy aan sy met boere op die plaas werk, lê nie só ver in die toekoms as wat ’n mens sou dink nie.

Nie tyd vir hare kloof nie … • Henk Prins van Ceres se houtklower wat aan ’n trekker se hidrouliese stelsel koppel en op twee wiele na enige plek op die plaas gesleep kan word, maak korte mette van houtstompe.

Eie bestuursmodel maak besluitneming maklik • Omdat die meeste boerderybegrotingstelsels wat op die mark beskikbaar is, nie aan al Franco le Roux se vereistes voldoen het nie, het hy ’n model saamgestel wat hy met sukses gebruik in die graanboerdery wat hy bestuur. Hiermee bring hy syfers en aksie bymekaar, wat vinniger besluitneming moontlik maak.

Simbras boer in die wolke • ’n Wolkgebaseerde bestuurstelsel — sonder ’n kantoor, kantoorpersoneel of ’n hoofraamrekenaarstelsel op ’n sentrale plek — werk doeltreffend vir die Simbra-beestelersgenootskap van Suider-Afrika, wat besluit het dit is die beste opsie om sy dienste met die modernste tegnologie aan lede voort te sit.

Geen keer aan hoe Nile.ag die landbou transformeer • Nile.ag het ’n paar jaar gelede sy eerste treë gegee om die landbouwaardeketting te ontwrig deur ’n e-handelsplatform vir vars produkte van stapel te stuur. Danksy groot beleggings het dié Suid-Afrikaanse maatskappy die platform ontwikkel in ’n holistiese digitale ekostelsel waar die boer in die middel staan. Nou kan boere nie net produkte verkoop nie, maar ook produksiemiddele koop en selfs om finansiering...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans