Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Kuier

Aug 28 2025
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Kuier

HALLO, KUIER-LESERS!

BOODSKAPPE

ONS LESERS vertel… • Hoog bo die aarde op enorme windturbines breek dié twee stereotipes oor vroue se vermoëns

UITGEKNIP VIR DIÉ ROL • Die bekroonde akteur Jarrid Geduld en sy geliefde Abigail Jones maak oop oor ouers word en hul drome vir hulself en klein Kairo

AS DIE RASSE MEKAAR RASPER • Die ergste woede teen ’n onlangse podcast waarin bruin mense ‘mal’ genoem is en glo ‘slaap met hul broers en susters’, het dalk bedaar, maar wat kan ons hieruit leer? Ons het by twee kenners oor rassekwessies aangeklop

ONS IS NIE ’N RASSE-PRUTPOT NIE’

‘DAAR’S BAIE AANDE WAT EK MY AAN DIE SLAAP HUIL’ • Vyftien jaar ná ’n gruongeluk haar geliefde oudste seun van haar weggeruk het, onthou sy ma daardie noodlottige dag klokhelder

‘MY HART IS BESIG OM IN TE GEE’ • Dié sportaanbieder vertel van die genetiese hartsiekte wat hom platgetrek, en alreeds sy ma en drie sibbe geëis het …

DIE DAG TOE ’N DROOM GEBORE IS • Sy is die jongste vroulike polisieduiker in die land en haar aansteeklike passie is haar grootste dryfveer

GEROEP OM SY WOORD TE VERKONDIG • Die lewensveranderende krag van God se liefde en verlossing het haar genoop om haar verhaal neer te pen, en só ook haar insigte met ander te deel

SY SURF VIR SIEL EN SPORT • Sy’s jonk, sy’s Moslem en sy ry golwe vir verandering! Ontmoet Müminah Cornelius, die branderplankry-afrigter wat dié sport vir kwesbare kinders herdefinieer, een golf op ’n slag

HY OORKOM SY VRESE EN OMARM SY DROME • Om weg te stap as wenner van ’n reality show was die kersie op die koek in sy lang pad na selfaanvaarding

’N KAAPSE DRAAI VIR JUDY EN ROBIN • Wat is ’n party sonder Judy Boucher en Robin S? Ons gesels met onse antie van die Carribean en haar Yankee-eweknie oor hul passie vir Suid-Afrika, en hul eersdaagse optrede hie’

O, SOETE SITRUS • Sitrus is sinoniem met winter, en dis propvol vitamiene – dis ook nou volop. Maak dit só deel van jou spyskaart

SKIRTS WIL SY DRA! • Die weer begin draai en dis tyd om jou lenteklerekas reg te ruk. Ons wys die vier soorte skirts wat dié seisoen trend, en hoe jy dit kan inspan om voor in die modekoor te wees

VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?

10 OEFENINGE WAT DIE VET VINNIG LAAT WEGSMELT • SAAMGESTEL DEUR CARLA COETZEE

DRUK DIE STOPKNOPPIE VIR JOU OORLEWING • Voel jy die druk van die sandwich-generasie -daardie gejaag en probeer byhou tussen kinders, ouers en werk? Hier is raad

MEER AS WOORDE • Emoji’s is ’n prettige manier om met mekaar te kommunikeer, maar hoe weet jy of jy die regte emoji gebruik in jou chats? Baie het verskillende betekenisse, afhangend van die konteks. Lees hier wat ’n kenner sê

TOE DIE LEWE DRUK, TOE DRUK SY TERUG • Te midde van groot loopbaanhoogtepunte was daar verpletterende verliese wat haar wêreld op sy kop gekeer het, maar ook haar drome geïnspireer het

DIE GEVARE ONDER JOU NEUS • Kinders is kwesbaarder as ooit, met die gevaar soms in jou binnekring. Kenners gee raad oor oorslaap, digitale verbruik en teenwoordig wees

STORIES • Ons leer meer oor die roman, jeugroman, drama, mite, volksvertelling en wetenskapfiksie

KOL-TOT-KOL • VERBIND AL DIE KOLLETJIES IN DIE GROOT PRENT HIER...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans