Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Kuier

Oct 09 2025
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Kuier

HALLO, KUIER-LESERS!

BOODSKAPPE

ONS LESERS vertel… • Rus sag, Atlantis se ‘Florence Nightingale’. ’n Gemeenskap groet en onthou ’n vrou wat haar hart én beursie vir hulle oopgemaak het

STEUN OP GOD SE BELOFTES VIR JOU • As jy deur ’n seisoen van uitdagings gekom het, is dit nou die tyd om God se beloftes vir jou lewe te onthou

’n God van skaapwagters én konings • ’n Boodskap van God se troos en voorsiening, soos gesien deur ’n nederige skaapwagter wat ’n koning geword het

Tamaryn VIND HAAR VOETE AS MA EN SAKEVROU • Die oud-Mej. SA Tamaryn Green-Nxumalo maak hart oop oor haar eerste paar maande as ’n ma, haar ‘ander baba’, en hoe sy meer verlief is as ooit

‘DIE HELFTE VAN MY UNIT WEG BINNE EEN UUR’ • Een oomblik het sy nog met haar drie lieflingdogters oor die foon se speaker gesels, kort daarna moes sy hoor twee het in ’n ongeluk gesterf . .

MY BROER SE NIER GEE MY ’N TWEEDE KANS • Van kleins af het sy geworstel met hoekom sý die siek een is. Maar nou het sy ’n tweede kans op die lewe danksy haar jonger broer . . .

KLIEK-KLIEK, DAN KATJIENG VIR JAN TAKS • Influencers en hul inkomste is onlangs in die kollig geplaas toe Sars Suid-Afrikaners herinner het dat alternatiewe vorme van inkomste belasbaar is en verklaar moet word – freebies ingesluit

’N LEWE TUSSEN BLOMME • Agter die pragblomme op hul plaas sit vyf generasies se stories wat dié broers wil laat herleef

DIÉ BOK-MA GEBRUIK HAAR STEM VIR ANDER • Chantel Moodie is meer as net ’n ster-rugbyspeler se ma — sy is ’n vrou wat haar stem gebruik om ander te help

HY STYG DEUR ANDER TE LIG • Terwyl die meeste tieners hul dalk bekommer oor puisies, video games of hul crush, verander Kaapstad se junior burgemeester die wêreld - een hawelose op ’n slag

CHRIS LAAT DIE KWIK STYG • Die raunchy komedie Khaki Fever wat tans op Showmax te sien is, laat omtrent die land gons. Ons gesels met een van die akteurs, Christopher Jaftha, oor die ervaring

HEILSAME Smoothies • ’n Smoothie kan ’ soet bederf of ’n maaltyd op sy eie wees, maak net seker dis ook lekker gesond

POLKA DOTS • Polka dots is terug met mening en die “it” print dié seisoen. Celebs omarm kolle in elke vorm en kleur in 2025. Ons wys hoe jy dié tydlose patroon nuwe lewe kan gee in jou eie klerekas

WENWENKE VIR WELIGE WENKBROUE • Vol, gesonde wenkbroue is nou hoogmode. Van natuurlike olies tot slim truuks met ’n kam - só kan jy self by die huis jou wenkbroue voller kry

VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?

KLOP DIE PANIEK • Almal raak soms bang of angstig, dan keer die lewe weer terug na normaal, maar by sommige mense lei dit tot ’n paniekaanval wat kan voel asof jy ’n hartaanval kry en doodgaan. Dis egter iets wat onder beheer gebring kan word - hier is wat jy kan doen

VERBREEK DIÉ GEWOONTES, BEVRY JOU SÓ • Kenners gee raad oor hoe jy daardie gedrag en gewoontes kan verander wat aan jou emosionele en fisieke welstand knaag

DIE GROOT UIT-TURN VOOR DIE FEESTYD • Dis alweer sulke tyd. Die jaar is amper op sy rug en die feestyd is om die draai. Ons wys hoe jy ’n rommelvrye ruimte in jou huis kan skep wat jy en geliefdes kan geniet ná ’n bedrywige jaar. Met dié skoonmaakgids kan jy in die laaste paar weke voor die feestyd...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans