Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
VERTROU OP GOD IN DIE MIDDEL • Hier staan ons alweer jaareinde se kant toe. Kyk jy terug en klou vas aan wat was, soos Lot se vrou, of is jou oë op die toekoms se beloftes gerig?
Spring clean jou geloof • Gryp jou spiritual besem en vee die lewe se swaar en pyn weg!
KELDERS-MANNE LAAT DIE KWIK STYG • Op TV stamp hulle dalk koppe en bring dié viertal die drama as die seuns en skelmpies van die superfeeks Veronique in e.tv se daaglikse drama Kelders van Geheime, maar by Kuier se fotosessie met dié sexy ‘Soebatskloof’-manne was dit ’n heel ander storie. Tussen fab abs, stywe jeans en smeulende poses deur, is daar geskater, gesing en gekgeskeer. Mens wonder half het van dié manne dalk in ’n wynvat beland, so lig is die atmosfeer! David Chevers en Tashreeq de Villiers is die grapjasse, terwyl die TV-broers Angelo Bergh en Angelo Johnson die stil sterkes is tydens ons fotosessie. Hier deel hulle hul liefdes, drome en toekomsplanne met ons
'ONS KLEIN GESKENK VAN GOD' • Hoewel hul dogtertjie sonder ’n regterhand gebore is, hou dit haar allermins terug. Sy is ’n klein go-getter wat sommer van dag een af diep in die mense om haar se hart gekruip het
VAN BANKROTSKAP TOT BEMAGTIGENDE KOEKIE-SAKERYK • ’n Hartsbesluit jare gelede verander nou daagliks lewens – een koekie op ’n slag!
DELMAINE SE 'LIEFDESBRIEF' AAN VROUE • Dié Kapenaar maak naam oorsee en het die wêreld aan haar voete met haar kuns en fotografie wat vrouwees vier
Talitha VOLG HAAR EIE BEAT • Die jong vrou agter die kragtige stem se voete is ferm geanker in familie en geloof
LAUREN LEI HAAR TROEPE • Waar daar ’n wil is, is daar Lauren Louw, ’n nasionale kampioen, wat haar vaardighede en kennis aan nuwe generasies oordra
NOSTALGIES MET 'N KINKEL • Vir Erfenisdag doen ons ’n ietsie anders met lekker huiskosgunstelinge
SEXY OP 'N STREEP! • Strepe gaan nooit uit die mode nie en is wéér in dié lente. Dra dit só
VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?
WEN MET VESEL • Gee jou gesondheid ’n lekker hupstoot met ’n veselryke dieet
BREEK WEG VAN DIE TROP • Ander se menings kan jou dikwels in ’n rigting dwing wat jy later berou. Ons bekyk tropmentaliteit, en hoe jy na jou innerlike stem kan luister
BLY KOP BO WATER MET 'N GESONDHEIDSKRISIS • ’n Familielid wat skielik ernstig beseer of siek word, kan tot ’n geldkrisis lei. Hier is raad
LAAT JOU BADKAMER WEER ASEMHAAL • Jou badkamer is dalk kleiner as die ander vertrekke in jou huis, maar kan maklik chaoties lyk. Hier’s items waarvan jy ontslae kan raak om jou badkamer netjies te hou
'N STEM VAN WEERSTAND EN BEVRYDING • As die akademikus en aktivis prof. Rozena Maart praat, lúíster jy, want dié internasionaal bekroonde skrywer en Distrik Ses-boorling kan jou bykans áls vertel oor ras en identiteit en die stryd om sosiale geregtigheid
JOU AKSIEPLAN TEEN ALLERGIEË • Allergieë kan verlammend wees as jou kind ’n ernstige reaksie ervaar, maar daar’s hoop
MEER OOR DIE BESTUUR VAN ALLERGIEË
SPEEL-SPEEL • Dis Erfenismaand! Ontsyfer dié speletjies wat ons herkoms vier
STER-BLOKRAAI NR. 267
BLOKRAAI
FOTOBLOKRAAI
GROOT WOORDBOU • Soek al 50...