Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
GELUKKIGE VERJAARDAG, KUIER!
ONS LESERS vertel… • Dié champ-boerboelteler van Bontas vertel van sy passie en hoe sy honde skoonskip maak by skoue
DIT WAS 'N FEES BY ONS LENTEDAG-PATSY! • As jy nie by ons onlangse Kuier Lentedag-funksie was nie, het jy die patsy der patsies misgeloop! Dit was weer ’n opskop vir die boeke – só sweer almal wat daar was.
CARMEN EN DEVONECIA SE TYD OM TE BLOM • Hulle baklei soos kat en hond op die kassie in Skemergrond, maar agter die skerms gee dié twee vir mekaar hul flowers
EERS BABAVREUGDE, TOE KOM KLOP DIE DOOD • Die vreugde en opwinding van ’n nuwe baba vir dié Bolandse gesin moes plek maak vir verdriet toe sy jong mammie enkele dae ná sy geboorte sterf …
BETAAL DIT OM TE BEDEL? • Toe ’n YouTuber onlangs R500 maak uit straatbedel het dit gegons dat bedelaars meer geld maak as mense in laer-inkomstegroepe. Kuier het die strate ingevaar om uit te vind hoe staan sake
DIE LEWE VAN 'N 'CONFESSOR COP' • As een van die land se topspeurders het hy misdadigers soos kanaries laat sing, en nou gee hy ’n kykie na daardie reis in sy nuwe boek
MY PAD MET LUPUS - 'N GETUIENIS VAN UITHOUVERMOË • Meer as ’n dekade met ’n verlammende outo-immuunsiekte het dié ma geleer om elke dag met moed en volharding aan te pak. Sy hoop om ander met chroniese siektes te bemoedig, en om bewusmaking te skep deur haar verhaal
KLEIN, MAAR GETRYN! • Dié jong raakvatter (10) bou omgee-netwerke om vir almal, ongeag hul omstandighede, ’n plekkie in die son te vind
'N BLITS OP EEN BEEN • Dié ystertjie hol die rugbyveld aan die brand – sonder ’n regterbeen – en laat miljoene TikTokkers juig
Pavlovas VIR LENTE • Ons speel met meringue om pragtige en prettige pavlovas op te tower
PRETTIGE LENTELOOKS • Lente is in volle swang en ons Moedersdagkompetisie-wenner Cheryl Muller (57) van Kraaifontein in die Kaap en haar dogter, Chanè Lewis (31), wys hoe jy jou beste voet kan voorsit
MOOIMAAKWENKE VAN DIE KENNERS • Ons het gaan aanklop by twee vroue wat hul storie ken met ’n face beat en al ’n klomp van Kuier se glansryke voorbladgesigte op hul beste laat lyk het. CLEO RICHARDS (40) en SAADIQAH ADAMS (38), albei van Kaapstad, deel skoonheidswenke en topprodukte, en gee ’n kykie na die lewe van ’n grimeerkunstenaar en haarstilis
VERTEL VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?
OEFEN OP JOU OUDAG • Dis moeilik om te oefen en aan die gang te kom wanneer jy eers onfiks is, wat nog te sê as dit nooit eintlik deel van jou leefstyl was nie. Maar dis nóóit te laat nie! Hier is maniere om te begin beweeg op jou oudag
AS JUL VRIENDSKAP EERS VERSUUR … • ’n Eens hegte vriendskap wat stadigaan besig is om weg te kwyn, kan ’n traumatiese ervaring wees wat ’n mens baie moeilik verwerk. Ons gee raad
HOE AANLEGTOETSE JOU KAN HELP RIGTING KRY • As jy dalk nog wonder oor jou toekomsplanne kan aanlegtoetse dalk help
TLC VIR JOU PC • Het jy ’n stokou, stadige rekenaar of laptop wat jy al jare lank gebruik? Moenie sommer haastig wees om daarvan ontslae te raak nie. Hier is ’n paar truuks om nog die beste daaruit te kry
JOU KIND EN AI • Watter vaardighede gaan jou kind die meeste baat en nodig kry in die AI-era? Ons het by kenners...